Nuus
Blossom
Blossom het 'n lockdown beenfraktuur opgedoen en natuurlik het ons ingespring en gehelp. Blossom is nou ten volle herstel!
Welkom
Ons het altyd gekwalifiseerde personeel byderhand om enige noodgeval wat u troeteldier mag ondervind, soos bv. motorongeluk, vergiftiging, bytwonde of enige trauma te hanteer. Noodgevalle het voorkeur bo konsultasies om onmiddellik en doeltreffend na enige dier in 'n kritieke toestand om te sien.
Inentings is een van die belangrikste prosedures om 'n gesonde troeteldier te verseker.
Honde-inentings: 6 weke oud, 9 weke oud, 12 weke oud, 16 weke oud. Jaarlikse herinenting is belangrik!
Kat inentings: 8 weke oud, 12 weke oud, 16weke oud.
Jaarlikse herinenting is belangrik.
Senekal Dierekliniek is goed toegerus om alle roetine sowel as gevorderde prosedures te kan hanteer.
Dr J.p. Blignaur geniet alle aspekte van chirurgie veral die herstel van been frakture asook alle algemene chirurgie.
Ons het 'n goed gevestigde hondesalon wat in 'n stresvrye omgewing verkeer. Enige ras honde of katte is welkom.
Ons spesialiseer ook in angstige of aggressiewe honde en katte. Troeteldiere met spesiale behoeftes is welkom - soos diere met pynlike rug, bene wat voorheen geopereer is, troeteldiere met velprobleme.
Ons gebruik slegs veterinêne goedgekeurde kwaliteitsprodukte.
Ons bied seisoenale aanbiedings vir gereelde afsprake.
Gereelde besoeke kan help om moontlike mediese probleme te identifiseer en te behandel voordat dit 'n probleem word.
Jaarlikse gesondheidsondersoeke stel ons in staat om die fisieke gesondheid van u troeteldier te monitor en enige moontlike probleme vroegtydig aan te spreek.
Kom besoek ons gerus vir meer inligting.
Ons hou 'n wye reeks premium hondekos reekse aan en kan u help om die beste besluit te maak.
Vet's Choice, Eukanuba, Royal Canin, Iams, ens.
Ma - Vry: 7vm – 5nm
Sat: 8vm – 2nm
058 481 4066
Son: ( Nood / na-ure )
083 449 4566
info@senekaldierekliniek.co.za
Boje Straat 2
Senekal
9600